Louis van der Walt neem wenfoto van die maand

Belangstellendes is welkom om volgende byeenkoms op 6 September by te woon.

Lede van die Hoëveld Fotografieklub het op 16 Augustus hul maandelikse byeenkoms gehad en die voorgeskrewe onderwerp vir die maand was ‘Through the Window’.

Francois Venter van Pretoria was die beoordelaar vir die aand. Louis van der Walt se foto, Cathedral Peak through Window was die beste in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

Van der Walt het behoorlik uitgeblink en sertifikate van meriete vir sy foto’s, Inyoka Stream 3 in die landskapafdeling en Cape Vulture FR2 in die tweekleurige foto-afdeling, ontvang.

Dr Leon Pelser se foto, Shade from Thunder, was die beste onder die senior fotograwe en hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto, asook vir sy foto, Walking the Dog, in die landskapafdeling, ontvang.



Lorraine Botha se foto, Living in a City on Water in Ha Long Bay, in die fotojoernalistieke afdeling, was die beste onder die junior fotograwe en sy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.

Die ander fotograwe wat goed gevaar het en sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het, is Danie Smit vir sy foto, Sharing, in die tweekleurige foto-afdeling, Edmund Hattingh, vir sy foto Sonsondergang Kremetart, in die natuurafdeling en Adri Kirsten vir haar foto’s, Oppad na die Doelpale, en Secunda vs Heidelberg Volkskool, beide in die fotojoernalistieke afdeling.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op 6 September om 18:00 vir 18:30 in die Scrum In by die Sasol Ontspanningsklub en belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon.

Vir meer inligting, skakel Hanno de Beer by 071 365 6440.




ALSO READ: Operation in Bethal sees arrests of 22 undocumented migrants

ALSO READ: Standerton se Pieter Grobbelaar gaan na SA landloopkampioenskap

Exit mobile version