Helpende Hand-takke vergader op Secunda

Voorsitters beplan en gee terugvoer oor projekte.

Solidariteit Helpende Hand se Mpumalanga-streek het hul tweede streekvergadering op 17 Augustus by Graceland Hotel, Casino en Buiteklub gehou.

Dié vergadering het geskied in die vorm van ’n naweek wat nie net beplanning ingesluit het nie, maar ook prêt.

Die lede het hul toekomstige projekte beplan en die voorsitters van verskeie takke het terugvoer gegee oor die afgelope jaar.

Hulle het die Saterdagaand die rugby gekyk en later ’n karaoke-kompetisie gehou en Sondag het die lede ’n rondte gholf geniet.

Die takke wat dié vergadering bygewoon het sluit in Bethal, Delmas, Ermelo, Hendrina, Kleinfontein, Middelburg, Morgenzon, Laeveld, Witbank, Volksrust, Secunda, Standerton, Barberton, Sabie, Piet Retief, Newcastle, Onderberg en Witrivier.



LEES OOK: Rubberkoeël en pepersprei verjaag koekiediewe by ongeluk

LEES OOK: Suspected serial killer from eMbalenhle denies knowing young victim

Exit mobile version