Delmas gimnaste sprankel op eie bodem

Met ’n groot paneel van beoordelaars het die deelnemende gimnaste van Delmas en Witbank in hul onderskeie afdelings en ouderdomsgroepe op die mat gesprankel.

Die Delmas Gimnastieklub het op 9 Augustus aan die kwalifiserende rondte van Mpumalanga akrobatiese gimnastiek deelgeneem.

Dié glansgeleentheid het op Delmas in die saal van die Hervormde Kerk plaasgevind. Met ’n groot paneel van beoordelaars het die deelnemende gimnaste van Delmas en Witbank behoorlik op die mat gesprankel in hul onderskeie afdelings en ouderdomsgroepe.

Volgens Florence Cindy, hoofafrigter en eienaar van die plaaslike gimnastiekklub, het die gimnaste wat kwalifiserende punte behaal het, geluk gewens. Sy het ook die gimnaste bedank wat vanaf Witbank gereis het om deel te neem.

Delmas se gimnaste wat gekeur is om op 21 en 22 September aan die Wild Coast Classics in Hermanus deel te neem, is Siyanda Mahlangu, Simone Olwagen, André Erasmus, Omari Mabasa, Lwandle Mahlangu, Kwetsima Mabasa, Ivanke Kearney en Shanike Kearney.



Verskeie van Delmas se gimnaste gaan ook vanaf 27 tot 29 September aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskap op Wynberg deelneem.

Die gimnaste wat Delmas se naam gaan hooghou by die SAs is Ivanke Kearney, Elsje Diedericks, Shanike Kearney, Lilanie Potgieter, Mieke Struwig, Jolindi Struwig en Mia Krouwkamp.

Nog ’n groot geleentheid wat vir die Delmas span op die kalender geboek is, is dié van die I-Africa Matsport in Centurion op 26 Oktober.

Die gimnaste wat sal deelneem is Jane van Zyl, Lindo Masuku, Monique Oelofse, Ncebakazi Sipheka Siyanda Mahlangu, Simone Olwagen, Milan Hills, Kwetaima Mabasa, Grace Joubert, Lwandle Mahlangu Lika van der Merwe, Nomcebo Mahlangu, Janine van Rensburg, André Erasmus en Janco Krouwkamp.


Exit mobile version