Local newsNewsStreeknuus

Delmas Herleef se wyksleiers kuier saam VKLM

Die hoofdoel van die vergadering was om die onderskeie wyksleiers aan raadslede van die Victor Khanye Plaaslike Munisipaliteit (VKLM) voor te stel.

Delmas Herleef bestuur en wyksleiers tesame met die hooggeplaastes van die plaaslike munisipaliteit het op 15 Augustus by Die Deli op Delmas vergader.

Die hoofdoel van die vergadering was om die onderskeie wyksleiers aan raadslede van die Victor Khanye Plaaslike Munisipaliteit (VKLM) voor te stel.

Nadat die gaste hulself voorgestel het, kon die verskeie punte op die agenda aangeraak word. Een daarvan sou wees swaar voertuie wat die paaie binne Delmas gebruik, veral die hangende afhandeling van die herbou van die R50.

Volgens munisipale woordvoerder, Betty Makwena, sou die swaarvoertuie nie deur verkeersbeamptes gekeer kon word nie om Delmas dorp as ’n deurroete te gebruik, mits duidelike pad en verkeerstekens opgerig sou word.

Volgens Makwena sou padkontrakteurs vir die aanbring daarvan verantwoordelik wees. Makwena het ook die punt van rommelstrooiing aangeraak, waarvan meestal ontwettig, aangeraak.

VKLM sou glo nege massa vullishouers (bins) vir hierdie doel beskikbaar stel. Sy het verder beklemtoon dat daar kennisgewings aan besigheidseienaars uitgereik is ten opsigte van onwettige rommelstrooiing.

“VKLM moet egter massa vullishouers uitplaas ten einde vir die skuldiges ’n alternatief te bied. Hierna sou daar ook oorweeg word om boetes aan die skuldiges uit te reik.”

Madel Fourie van Delmas het bygevoeg dat die publiek bewus gemaak en opgevoed moet word rondom die probleem van rommel en die effek daarvan op die dorp.

Nog ’n punt van bespreking was spoedhobbels, met veral verwysend na strate soos Sarel Cilliers- en Van der Waltstraat. Hieroor het VKLM se Richard Mhlope, aan die beurt gekom.

Volgens Mhlope word sommige van die paaie wel as gevaarlik bestempel weens spoedvrate en lei dit tot gevaar vir besighede se in-en uitgange asook die gewone motoris.

Spoedhobbels mag volgens hom egter nie, en volgens wet, in noodtoeganspaaie soos byvoorbeeld Hospitaal- en Sarel Cillierstrate aangebring word nie.

Die moontlikheid van addisionele spoedhobbels in Samuelweg sou egter opgevolg word. Die munisipale bestuurder het bygevoeg dat verkeersligte by die R50-Van der Waltstraat kruising deur ’n privaat maatskappy herstel gaan word.

“Twee VKLM personeellede sal opleiding ontvang in die onderhoud en herstel van verkeersligte en ons hoop om sodoende ons paaie veiliger te maak.”


Dr Martin van Rensburg, Richard Mhlope, Thabo Mashabela en Betty Mokwena in gesprek tydens ’n vergadering by die Deli op Delmas.

Mhlope het ook die kwessie rondom stormwaterdreinering aangeraak en bevestig dat VKLM department van paaie en infrastruktuur aandag aan die probleem gee en dat dat daar reeds in Botleng begin was om die stormwaterdreine skoon te maak voordat die reënseisoen sou begin.

Die herstel van slaggate en paaie was ook geopper en alhoewel Delmas Herleef se padwerkespan hard werk om slaggate te herstel is sekere strate, soos Geelhoutsingel in uitbreiding vier, nie herstelbaar nie en moet dit heeltmal oorgeteer word.

Die groep wyksleiers was ten laaste ook aangemoedig om kwelpunte in hul onderskeie wyke te identifiseer en aan die munisipaliteit deur te gee.

Daar word verder beplan om hierdie vergadering tussen belanghebbendes van Delmas Herleef en VKLM op ’n twee maandelikse basis te hou. Elkeen wat rondom die tafel bymekaargekom het, het in goeie gees vertrek.

“Die belangrikste is ons doel is om van ons dorp, Delmas, ’n beter plek te maak om in te woon,” her dr Martin van Rensburg, Delmas Herleef projekbestuurder gesê.

“Dankie aan die munisipaliteit vir die positiewe gesindheid en samewerking met Delmas Herleef.”

Beide Mashabela en Makwena het Delmas Herleef bedank vir hul positiewe insette en hulp in die proses om Delmas op te knap.



LEES OOK: Govan Mbeki Municipality fails to address residents’ sewage problems

LEES OOK: Delmas High Court sends double murder accused from eMbalenhle for mental evaluation

Related Articles

Back to top button