Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Phoenix gaan na halfeindstryd in Kestrel Liga

“Dit was ’n groot oorwinning en ’n belangrike wedstryd in die opbou na die halfeinstryd van volgende naweek.”

Na ’n seisoen van harde spel en met net een verloor op hul kerf, het Delmas Phoenix Rugbyklub se span na die halfeindstryd van die Valke Kestrel Liga deurgedring.

Phoenix het op 17 Augustus teen die span van Tsakane gespeel en met die blaas van die eindfluitjie het Phoenix met ’n oortuigende wen van 151 punte teenoor die sewe van Tsakane van die veld afgestap.

“Dit was ’n groot oorwinning en ’n belangrike wedstryd in die opbou na die halfeinstryd van volgende naweek,” het Phoenix afrigter, Jandré Senekal laat hoor.

Phoenix kom op 23 Augustus in die halfeind teen die span van Oos-Rand Polisie op hul tuisveld by Hoërskool Delmas te staan.

“Ons sien baie uit na hierdie wedtryd – dit gaan ’n baie interessante en beslissende wedstryd wees. Nou met die halfeinstryd voor ons, is Phoenix nog steeds met ’n totaal van 54 bo-aan die punteleer.

“Die volgende span lê vier punte onder ons.”

Hou Streeknuus dop om te sien watter twee spanne uiteindelik binnekort na die finaal in die Kestrel Liga deurdring.




LEES OOK: Smash-and-grab increases in Bronkhorstspruit CBD

LEES OOK: Vrou van Standerton maak hart oop oor haar kinders

Related Articles

Back to top button