SHS wys leerlingraad vir 2025 aan

Standerton Hoërskool het onlangs hul leerlingraad vir 2024/25 aangekondig.

Standerton Hoërskool het onlangs hul leerlingraad vir 2024/25 aangewys. Met die 2024 matriekulante hard aan die leer vir hul eindeksamen, was dit hoog tyd om die mantel oor te dra na die klas van 2025.

Michael Kalell is aangewys as hoofseun, met Alaina Cronjé as hoofdogter. Larice Viljoen en Leanell Loots tree op as onderhoofdogters met hul ewekineë Kofi Kyei en Chraeten Lategan as onderhoofseuns.

Die leerlingraad dogters vir 2024/25 is Laylaa Hlatswayo, JiaJia Wang, Amyoli Katleho Gama, Christelle le Roux, Sena Ngobe, Kyla Steenkamp, Ionna Abrahams, Kholiwe Mbonani, Refiloe Skosana, Mia Prinsloo, Thando Hlatswayo en Izané Joubert.

Die manne wat die uiters belangrike rol in die skool vervul is Reghardt Burger, Siyabonga Buthelezi, Mthimkulu Radebe, Pieter Eksteen, Khayalethu Nhlapo, Tokollo Mofokeng, Mpendulo Mjiyako, Boitshepo Mosia, Montie Viljoen, Thabang Tsotetsi, Rhico van der Walt en Simkhonzile Mzizi.




ALSO READ: Ugandans are finally sentenced in Secunda

ALSO READ: Angel Khanyile is a woman of excellence in Standerton

Exit mobile version