Local newsNews

Vrou van Standerton maak hart oop oor haar kinders

Predikantsvrou van Standerton publiseer eerste boek.

Carla Kühn-Potgieter is ’n ondersteunende vrou, ’n passievolle ‘juffrou’ en ’n geduldige ma wat omgee en liefde uitstraal.

Sy is op Mahikeng gebore en het in haar jonger jare talle dorpe huis genoem. Sy het haar vormingsjare in Ellisras bestee, maar het na Botswana gegaan waar sy saam met ouers betrokke geraak het in sendingswerk.

Kühn-Potgieter het vir ’n jaar tuisskool bygewoon deur Le-Amen, die eerste tuisskool wat in Suid-Afrika geakkrediteer was.

Sy het haar man, Ernest Potgieter in Thabazimbi ontmoet toe sy 15 jaar oud was. Vier jaar later, het sy by Orbit TVET kollege haar matrieksertifikaat verwerf en het in dieselfde jaar verloof geraak.

Kort na haar verlowing, het Kühn-Potgieter na Johannesburg verhuis waar haar man teologie studeer het by die Universiteit van Johannesburg.


Carla Kühn-Potgieter en haar twee seuns.

“Ek het vir my skoonma in Johannesburg begin werk om nader aan Ernest te wees,” het sy gesê.

Die paartjie is in 2008 getroud. Tydens Ernest se MIL jaar op universiteit, het Kühn-Potgieter hom gehelp om sy studies te betaal.

“Hy spot altyd en sê: ‘Jy het so mooi na my gekyk daardie tyd, dit is hoekom ek nou so mooi na jou kyk’,” het Kühn-Potgieter gesê.

Die egpaar het hul eerste seun Estiaan in 2015 verwelkom en kort daarna is Ewald in 2016 gebore. Hulle het in 2016 na Standerton verhuis, na Ernest na die AGS Ekklesia gemeente beroep was.

“Ek het al op baie plekke gebly en ek moet sê, Standerton is die lelikste dorp, met die mooiste mense,” het Kühn-Potgieter gespot.

Sy het ’n diep liefde vir die gemeente en gemeenskap wat haar gesin met ope arms verwelkom het.

Albei die egpaar se seuns is neurodivers, wat verwys na die variasies van die menslike brein wat sosiale gedrag en leervermoeë, onder andere, beïnvloed.

Estiaan kon vanaf ’n vroeë ouderdom vanaf een tot vyftig en terug tel, maar het nie gepraat nie.

“Dit is bittersoet om te weet dat jou kind so ’n fantastiese talent het, maar nie met jou kan kommunikeer nie,” het Kühn-Potgieter gesê.

Sy het verduidelik dat alle neurodiverse kinders uitblink op ’n sekere gebied soos musiek, wiskunde of selfs tale.


LEES OOK: Buutwagvergadering toon AfriForum se vordering op Standerton


Na die geboorte van Ewald, kon Kühn-Potgieter vinnig die tekens van neurodiversiteit optel, hoewel sy gebieg het dat Ewald nie as die tipiese neurodiverse seuntjie voorgekom het nie.

“Hy was meer sosiaal; hy het gehou van mense en kon oogkontak maklik behou,” het sy gesê.

Ewald is egter vreeslik musikaal.

Kühn-Potgieter beskryf haar reis as mamma vir haar twee neurodiverse seuns in haar boek, Die Anderkant van Ons, wat in 2022 gepubliseer is.

In dié boek beskryf sy die uiterse geduld en kapasiteit vir aanvaarding wat enige ouer van neurodiverse kinders moet hê in haar eie unieke stem.


LEES OOK: Haweloses op Delmas is dankbaar ten spyte van soms haglike omstandighede


“Ek het my gevoelens tydens ons stryd net begin neerpen. Ek het gehou van hoe rou en eerlik dit is en toe besluit om te publiseer.”

Sy het aan die begin van die jaar haar gerigestreerde nie-winsgewende organisasie, Neuro Heroes, gestig en het daagliks ses neuro-maatjies wat saam haar en haar regterhand, Bree-Anta Gifford leer en speel.

Sy glo dit gaan alles oor identiteit.

“Jy is nie jou tekortkominge nie. Ek sê nooit my kinders is outisties nie, ek sê my kinders het outisme,” het sy afgesluit,” het sy gesê.

Related Articles

Back to top button