Local newsNewsSchoolsStreeknuus

Heidi kleuters beleef reptiele in lewende lywe

Speel-speel en bitter dapper, was die kleingoed aan ’n verskeidenheid reptiele voorgestel.

Dit was weer tyd vir Heidi Kleuterskool op Delmas se kleuters om meer van reptiele te wete te kom.

Reptielkenner Greg Strydom het op 6 Augustus kom kuier en vir die kleingoed meer omtrent reptiele geleer.

Speel-speel en bitter dapper, was die kleingoed aan ’n verskeidenheid reptiele voorgestel.

Daar was die massiewe brulpadda, Prince William, ’n skilpad met die unieke naam van Ferrari, Rocky die likkewaan, Dundee die krokkedil en vele meer.

Heidi se kleuters was ook die geleentheid gegun om aan hierdie koudbloedige reptiele te voel en daar was maar min van hulle wat nie van hierdie kans gebruik gemaak het nie.

Hierna was dit tyd vir die slange om vir ’n wyle uit hul houers wakker gemaak te word. Snyman het, op ’n veilige afstand, mooi verduidelik rondom giftige slange soos die kobra en boomslang.


Heidi kleuter, Logan van der Westhuizen poseer dapper met die luislang om die nek.

Laaste was die nie-giftige luislang aan die beurt en toe was dit ook tyd vir Heidi se juffrouens om braaf te wees.

Die onderskeie juffrouens het egter nie op hulle laat wag nie en met luislang om die nek vir die kamera geglimlag.

“Ek wil net namens Heidi se personeel en kleuters vir Greg bedank vir sy leersame en interessante aaanbieding,” het Heidi se hoof, Riëtte Wheller, laat hoor.

“Hierdie aanbieding sit die kersie op die koek vir ons reptielweek tema.”




ALSO CHECK: Buutwagvergadering toon AfriForum se vordering op Standerton

ALSO CHECK: Haweloses op Delmas is dankbaar ten spyte van soms haglike omstandighede

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button