Sakeliga KragDag se 2024 ekspo stel nie teleur

Junior entrepeneurs het ook vanjaar vir die eerste keer die geleentheid gekry om hul unieke produkte uit te stal.

KragDag het vanjaar weer by die Diamantvallei Landgoed, Rayton, op 8, 9 en 10 Augustus plaasgevind.

Die vrolike karnival atmosfeer was aansteeklik en met sowat 2 700 uitstallers was dit die grootste ooit.

Daar was iets vir elkeen met uitstallings vir landbouers, opvoedkundige stalletjies, alternatiewe kragopwekking, watersuiwering en ’n groot snuffelmark.

Junior entrepeneurs het ook vanjaar vir die eerste keer die kans gekry om hul unieke produkte uit te stal.
Daar was verder ’n plaasproemark, kos vir elke smaak en hope lewendige vermaak.

Die pretpark het vir groot pret vir oud en jonk gesorg en helikopterritte het besoekers die geleentheid gebeid om die gebied en die massiewe kragdaguitstallling vanuit die lug te beleef.


Meet the Mini’s was in die Inyati Arena by KragDag 2024.

Die sakeligaplein met sy raadsaal, arena en verhoog en Pretoria FM se kopskuif ateljee het gaste soos Henry Geldenhuys, Piet le Roux, Andries Potgieter, Bennie van Zyl, Dawie Roodt, Theo de Jager, Jo Black, Ian Cameron en Lewelyn Curlewis en vele meer gehuisves.

Onderwerpe wat bespreek was, was dié van die Afrikaner se boodskap aan die wêreld, vrouestemme in landbou, ’n goue finansiële ekosisteem, veegesondheid, biosekerheid en vele meer.

Die sandput program het besoekers vermaak met ‘barrel racing’-, ‘roping’- en berede skietkompetisie demonstrasies, alles op die rug van pragperde.

Daar was ook werkende honde in aksie, Bostu se Boerboele het besoekers bekoor, berede boogskut, rasbekendstellings, 911 se Riders Against Farm Attacks, kinder- en volwasse perderuiterkompetisies, hommeltuig demonstrasies en vele meer.

Die skouring programme het ingesluit diervoeding, bestuur van kleinvee, stoetkudde, teelgenootskap demonstrasies, aflaerskompetisie en hope meer.


Henro van Eeden, Delmas se ystersmid, wys sy slag by KragDag.

“Die ekspo is ’n byeenkoms van mense wat mekaar wil help om meer selfstandig en meer staatsbestand te word.

“Dit is waar mense hul besighede suksesvol wil maak. Nie alles in die lewe is ’n vrye keuse nie, maar sommige dinge is en dit is wonderlik,” het Piet le Roux, die uitvoerende hoof van Sakeliga vooraf laat hoor.

“Dankie, aan elke besoeker wat saam tougestaan het om die ekspo te besoek. Dankie, ook aan elke uitstaller wat van hierdie ekspo ’n fees gemaak het.

“Hartlike dank ook aan elkeen van die borge,” het die bestuur- en bemarkingsorganiseerder na afloop van 2024 se Kragdag laat hoor.

“Volgende jaar maak ons beslis weer so.”


Exit mobile version