Buutwagvergadering toon AfriForum se vordering op Standerton

Die AfriForum buurtwag het vergader om hul vordering vir 2024 uit te lê en planne vir toekomstige projekte bekend te stel.

Die AfriForum Buurtwag het op 2 Augustus by Dandelion-J vergader om terugvoer te ontvang van die jaar se bedrywighede.

Leon Enslin, voorsitter van die AfriForum-tak op Standerton het gaste verwelkom en die aand met gebed geopen en Hennie Bekker, distrikkoördineerder het die agenda hanteer.

Volgens Enslin, het AfriForum in Desember borde aangekoop, waarvan 10 stoptekens, 19 nege-ton beperkingsborde en toegee tekens in die dorp opgerig was.

Enslin het ook vertel van die betonblad wat AfriForum op die brandweer gronde opgerig het, met die gedagte dat ’n wagkamer vir veiligheid opgesig sal word.

Die Northern Light Foundation, Kasselman Veiligheidsdienste en Standerton Hoërskool het saamgespan om die slaggate in Von Bachstromstraat op te vul.


ALSO READ: Court in Standerton again postpones hit-and-run case


Die projek het op 1 Augustus begin. Die volgende projek wat AfriForum gaan aanpak, is om in September die heining van die Morgenzon brandweer te vervang.

Shndré van den Heever het haarself voorgestel as die nuwe voorsitter van die AfriForum Buurtwag.

“Ek sien vreeslik uit na die pad vorentoe,” het sy gesê.

Die laaste besprekingspunt was die ry van patrolie in die Standerton-gebied.

“Ons dorp het baie potensiaal, ons kan nie toelaat dat dit weens misdaad vergaan nie,” het Bekker gesê.

Na die vergadering is verversings aan lede bedien waarna hulle in hul onderskeie voertuie verdaag het om die dorp te patrolleer.



ALSO READ: His Way Family Church winter drive serves the homeless in Secunda

Exit mobile version