Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Phoenix wen weer en skitter bo-aan die Kestrel Liga punteleer

“Ons span het tot aan die einde vir hierdie wen geveg.”

Delmas se Phoenix Rugbyklub het op 3 Augustus teen die span van Vanderbijlpark in die Valke rugby se Kestrel Liga deelgeneem

Phoenix het met 17-13 op Vanderbijlpark se tuisveld gewen. Phoenix vaar uitstekend in die liga en het nog slegs een wedstryd in die liga verloor en dit was teen die span van die Edenvale Panthers.

“Ons span het tot aan die einde geveg vir hierdie wen,” het Phoenix-afrigter, Jandré Senekal, laat hoor.
Volgens Senekal was Phoenix slegs een punt agter, maar kon daarin slaag om in die laaste agt minute van die wedstryd ’n drie te druk.

“Ons het slegs een wedstryd in die Kestrel Liga vanjaar verloor en al wat nou nog oorbly is die wedstryd teen Tsakane – en dan is dit tyd vir die halfeindstryd,” het Senekal ook gesê.

Volgens Senekal behoort die halfeindstryd vir die liga op Delmas plaas te vind. Hou Streeknuus dop vir die aankondiging van dié baie belangrike liga datum.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button