Local newsNews

VLU vroue kuier en klets op Secunda

Lede sê mekaar die stryd aan in kompetisies.

VLU-vroue van takke wat Bethal, Kinross, Secunda, Vaalrivier en Kaalspruit op Standerton het op 31 Julie ’n klets- en kuier-oggend geniet.

Die vroue het ook hul sprokieskoeke vir die Rolkem-geborgde kompetisie, ingeskryf en in hul onderskeie takke was Susan Beeslaar van Bethal, Rosa Black van Secunda, Sophie Hugo van Skemerkelkie-aandtak op Secunda en Thea Potgieter van die Kinross die wenners.

Die Vaalrivier-tak van Standerton het uitgeblink in die top drie vir die sprokieskoek afdeling.

Maryna van Emmenes, was eerste en is ook as die streekwenner aangewys terwyl Gerda Büter tweede geëindig het en Monica Swart derde.

Rosa Black van Secunda was die streekwenner in die Miami-geborgde kompetisie, waar die vroue ’n brood moes bak.


Ilse Cronjé van die Bethal VLU-tak het vir vroue gewys hoe om met koffie te verf.

In die Secunda-tak het Heloise McLaren tweede geëindig in dié kompetisie en Tokkie Reinecke derde.

Jenny van Oudshoorn was die beste van die Bethal-tak terwyl Lynette Posthumus tweede geëindig het en Susan Beeslaar derde.

Marietjie Swart was die wenner van die Kaalspruit-tak van Standerton en Thea Potgieter die wenner van die Kinross-tak.

Michelle van Wyk se brood was die beste van die Skemerkelkie aand-tak terwyl Jo-yani van Brakel tweede geëindig het en Sophie Hugo derde.

Van Emmenes was die beste van die Vaarivier-tak terwyl Büter tweede geëindig het en Swart derde.


Agter: Gerda Büter en Monica Swart van Standerton. Voor: Judy Bergh en Maryna van Emmenes.

In die Miami geborde kompetisie waar vroue ’n tamatiesmoor moes maak, was Black van die Secunda-tak weereens die wenner terwyl McLaren van dié tak tweede geëindig het.

Beeslaar was die beste van die Bethal-tak en van Oudshoorn tweede terwyl Potgieter die beste van die Kinross-tak was.

Hannah du Toit het die beste tamatiesmoor onder die Kaalspruit-takvroue gemaak terwyl Swart tweede geëindig het.

Van die Skemerkelkie aandtak was van Brakel se tamatiesmoor die beste terwyl Hugo tweede geëindig het.

By die Vaalrivier-tak se vroue het van Emmenes se tamatiesmoor gewen terwyl Büter tweede geëindig het en Swart derde. Vroue het ook geleer hoe om skilderye met koffie te verf.




ALSO CHECK: Verdagte in die moord op Dirk Kritzinger van Cullinan aangekeer

ALSO CHECK: VLU-vroue hou dag van agterstevoor en onderstebo op Standerton

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button