Pa en seuns verloor alles toe woonstel op Bronkhorstspruit brand

Die slagoffers het gevra om annoniem te bly. Hulle is dankbaar vir oorweldigende bystand wat hulle reeds vanuit die gemeenskap ontvang ht.

’n Man en sy twee volwasse seuns het op 26 Julie al hul besittings in ’n huisbrand op Bronkhorstspruit verloor.

Die drie het in ’n tuinwoonstel in Fiddesstraat gewoon.

First Care Emergency is die dag na die brand ontbied. Met hul aankoms het hulle gesien dat ‘n woonstel in vlamme gehul was.

Die brand het vinnig versprei, maar hulle het dadelik begin om die brand met brandslange te blus.

Organisasies en individue wat ook ingespring het om die vlamme te help blus, was Funky Baking, Kapanga Security, MB Emergency Services en inwoners van die dorp.



Thomas Prollius, n lid van First Care Emergency het gesê dié tragiese gebeurtenis is ’n pynlike herinnering aan hoe vinnig lewens deur ’n ramp verander kan word.

“Ons harte gaan uit na die familie wat deur hierdie verwoestende brand geraak is. Dit moet ongelooflik moeilik wees om sulke verlies en skade te hanteer.”

Die slagoffers het gevra om annoniem te bly. Hulle is dankbaar vir oorweldigende bystand wat hulle reeds vanuit die gemeenskap ontvang ht.

Die gemeenskap het reeds klere, linne en vele meer aangedra. ’n Familielid het Dinsdag vertel die grootste behoefte tans is kos.

Enigeen wat die drie mans wil help, kan vir Veronica skakel by 072 997 6848 om te hoor wat nog benodig word.




ALSO READ: Omgee pa en seun van Bronkhorstspruit sterf saam

ALSO READ: Verdagte in die moord op Dirk Kritzinger van Cullinan aangekeer

Exit mobile version