Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Nog rolbalkampioene op Delmas gekroon

Die wedstryd was kop-kop aan kop, maar teen die laaste kop het Snyman vir Lategan 21-20 geklop is hy as die kampioen vir 2024 gekroon.

Delmas Rolbalklub se lede rol steeds in die onderskeie kampioenskap afdelings en op 27 Julie het daar weer twee kampioenskap eindstryde plaasgevind.

Die twee swaers, Barney Lategan en Michael Snyman, het mekaar om 10:30 in die eindstryd van die mans beginner enkels klubkampioenskap gepak.

Die wedstryd was kop aan kop, maar teen die laaste kop het Snyman vir Lategan met 21-20 geklop en is hy as die kampioen vir 2024 gekroon.

Tydens die vroue beginner enkels klubkampioenskap het Hanri Ehlers en Antonita Stevens om 14:00 teen mekaar gespeel.


ALSO READ: eMbalenhle residents fight illegal dumping


Teen die einde van die 20 koppe het Ehlers as kampioen uit die stryd getree met 21-6.

Tussenin het die klub ook ’n ‘drive shootout’ kompetisie gehou, waaraan verskeie van die klub se spelers deelgeneem het.

Douglas Cobbledick was die wenner van dié vurige en kragtige dryfkompetisie.

Nog klubkampioenskap wedstryde word in die nabye toekoms by die Delmas Rolbalklub beklink. Hou Streeknuus dop vir meer uitslae.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button