Bronkies verloor albei tuiswedstryde

Volgens Bronkies se afrigter Joe Hermann, was die kragmeting teen die Noordelikes ’n goeie wedstryd en dit het die span van Bronkhorstspruit net nog meer gemotiveer.

Bronkhorstspruit Rugbyklub het op 27 Julie teen die Noordelikes op die veld van die sportsentrum op Bronkhorstspruit te staan gekom.

Die afskop was om 14:30 en die wedstryd was as deel van die Presidents Liga gespeel. Bronkies se eerstes het 38-17 verloor en die tweedes 37-12.

Die puntemakers vir die Bronkies se eerste span was Ivan Blignaut en Lee Roy von Wielligh. Vir die tweedes het Morgan Dicks, George Neuhoff en Ferdi Kuhn punte op die bord gesit.


LEES OOK: Archers from Laerskool Trichardt aim for the top


Volgens Bronkies se afrigter Joe Hermann, was die kragmeting teen die Noordelikes ’n goeie wedstryd en dit het die span van Bronkhorstspruit net nog meer gemotiveer.

“Ons spanne is sterk en ten spyte van ’n paar beserings en spelers wat siek is, stuit dit ons nie. Ons het genoeg sterk spelers om ons span vol te hou. Die span leer elke naweek uit hul foute en sal met ’n volgende wedstryd daarop verbeter.

“Die gees onder ons spelers is positief en ons sien uit daarna om teen van die sterker spanne op die veld te draf.”
Bronkhorstspruit speel op 3 Augustus teen Atteridgeville in ’n wegwedstryd.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version