Local newsLocal sportNews

SHS se eerstes val uit Noordvaal stryd

SHS het op 27 Julie aan die Noordvaal kwarteindronde deelgeneem. Lees meer vir wedstryd uitslae.

Hoërskool Standerton het op 27 Julie deelgeneem aan die Noordvaal kwarteindronde, waar twee van hul spanne na die halfeindronde deurgedring het.

SHS se eerste span het opgedraf teen Hoërskool Vryburg en het vanaf die afskop ’n taai stryd voor hulle gehad.

Vryburg het die spel aan die brand gesteek met hul eerste drie vroeg in die wedstryd. SHS het egter nie opgegee nie en het aanhou veg.

Arno Bosman het die eerste drie vir SHS gedruk.



Teen halftyd het die telling op 12-7 in Vryburg se guns gestaan. SHS het die tweede helfte met ’n drie afgeskop, vlink gevolg deur Hoërskool Vryburg met nog ’n drie.

Met 18 minute speeltyd oor het Bandile Radebe oor die doellyn geseil met die bal en die telling tot 22-19 in Vryburg se guns gebring.

Die afrigters het langs die veld gestaan en naels kou soos Sandile Hlatswayo na die pale geskuur het om nog ’n drie vir SHS te druk.

Die eindtelling was 36-24 in Hoërskool Vryburg se guns. SHS se o14- en o15-spanne het na die Noordvaal se halfeindronde deurgedring.


Related Articles

Back to top button