Local newsLocal sportNews

Gholfspelers neem deel aan IPS-kompetisie op Standerton

Standerton gholfspelers het mekaar op 27 Julie op die baan ontmoet vir die buiteklub IPS kompetisie.

Gholfspelers van Standerton het op 24 Julie vergader vir die Standerton Buiteklub se geborgde IPS kompetisie waar 28 spelers die dag bygewoon het en waarvan sewe spelers die nege-gat kompetisie aangedurf het.

In dié kompetisie het Donnie Taljard 21 punte aangeteken, gevolg deur Nick Momberg, wat 17 punte behaal het.
Neville Ritchie en Gerrit Nel het albei huiswaarts gekeer met 16 punte.

Freddie Welmans het 11 punte op sy telkaart ingevul, gevolg deur Bernard Swart (13) en Lourens van der Sandt (18). Een en twintig spelers het aan die 18-gat kompetisie deelgeneem.

Gerrit Coetzee het in dié kategorie 40 punte aangeteken, gevolg deur Gerhard Brits en Ronald Kinnear (36).
Attie Mouton het 35 punte gekry.



Nico Lombard en Casper Roux het elk 34 punte op hul telkaarte ingevul. Mark Nortje, Kobie Coetzee en Jabbies Lotz het huiswaarts gekeur met 33 punte.

Patrizia Lombard en Gert du Preez het elkeen 32 punte behaal. Nelis Eksteen en Carus van Rensburg het 31 punte losgeslaan.

Hennie Swanepoel het 29 punte gekry, gevolg deur Werndley Eksteen (28), Louis Bibbey (29) en Joré Nortje (29).

Francois Cronje en Louis Gravett het 27 punte elk aangeteken. Stephen Nortje het 25 punte behaal.
Jenneman Kotze het afgesluit met 23 punte.


Related Articles

Back to top button