Local newsNews

Secunda-gesin vier 100 dae van geen aanvalle vir Zellie

Hoewel tweejarige haar mylpale gemis het, gaan dit goed met haar.

Die familie van Anzelle van der Bank (2) is verheug dat sy op 25 Julie al vir 100 dae nie ’n aanval gekry het nie.

Die Ridge Times het in April oor Zellie, soos wat haar familie haar noem, berig nadat sy by verskeie dokters was en toetse ondergaan het en niemand kon vasstel wat fout is met haar nie.

Sy is op 26 Mei 2022 op 37 weke tydens ’n noodkeiser gebore is en het vir die eerste vier minute van haar lewe nie asemgehaal nie.

Omdat sy op agt maande steeds nie self regop kon sit het nie het haar ouers haar na die kinderdokter geneem maar ’n bloedtoets en skandering het geen antwoorde gebring nie.

Sy was ook baie klein, wou nie self eet nie en het al hoe meer begin lê en minder probeer om regop te sit.


LEES OOK: Onwettige mynbedrywighede op Sundra in spore gestuit


Nadat haar ouers haar vir ’n MRI skandering geneem het in Augustus verlede jaar, het hulle agtergekom haar brein groei skeef en is kleiner as normaal.

Sy het in November verlede jaar erge stuipe-aanvalle wat soos epileptiese aanvalle lyk, begin kry.

Dit was soms so erg dat sy bloed opgegooi het.

Na talle sessies by veskillende spesialiste en toetse en skanderings, kon die dokter uiteindelik vanjaar aan haar ouers verduidelik wat met Zellie gebeur wanneer sy die aanvalle kry.

“Die dokter het gesê haar rooibloed- en witbloedselle werk nie saam nie en dit veroorsaak golwe in die brein wat die aanvalle veroorsaak,” het haar ma, Amanda van der Bank, vertel.


LEES OOK: Secunda Magistrate finds four Ugandans guilty of rape and kidnapping


Haar medikasie en eetplan is aangepas en sy is nou vir meer as 100 dae aanvalvry en Amanda het gesê sy eet en slaap ook beter.

Sy en Zellie se pa, Andries meen gebed en mense se ondersteuning het hulle deur die uitdagende tye gedra.

Zellie moet einde Augustus weer die neuroloog gaan sien vir ’n opvolgondersoek.

Sy is agter en het baie van haar ontwikkeling mylpale gemis weens die aanvalle, maar Amanda doen daagliks oefening wat die arbeidsterapeut aanbeveel het, met Zellie.

“Dit het ons nader aan die Here gebring en ons as gesin sterker gemaak,” het Amanda gesê.

“Ons kan ook deur alles sien hoe goed die Here vir ons is.”

Related Articles

Back to top button