CrimeLocal newsNewsStreeknuus

Onwettige mynbedrywighede op Sundra in spore gestuit

Agt verdagtes was op die dag vasgetrek en daar was op verskeie items beslag gelê, wat die op die bedryf van onwettige mynaktiwiteite dui.

’n Multidissiplinêre operasie het tot die inghegtenisname van vermeende onwettige myners op Sundra gelei.

‘n Span van lede van die Sundra Polisie, misdaad intelligensie van Middelburg en die gespesialiseerde eenheid vir onwettige mynbedrywighede het 17 Julie dié operasie op ’n kleinhoewe op Sundra uitgevoer.

Inligting het glo vooraf daarop gedui dat daar onwettige mynbedrywighede op die perseel plaasvind.

Die onderskeie eenhede het in samewerking met die Sundra Bulldogs Buurtwag op die perseel toegeslaan.

Agt verdagtes was op die dag vasgetrek en daar was op verskeie items, wat die op die bedryf van onwettige mynaktiwiteite dui, ook beslag gelê.


Tekens van vermeende onwettighede mynbedrywighede op ’n perseel op Sundra.

Daar was op heelwat toerusting, onder andere phenduka’s, beslag gelê, maar ook op ’n veskeidenheid chemikalieë waaronder soutsuur en sianied. Dit is bekend vir die gebruiik in die ontrekking van goud vanuit die afvalmateriaal wat vanaf myne gebuit word.

Teen druktyd was die agt verdagtes steeds in aanhouding.

Volgens adjudant offisier Welma Kirby van die Sundra Polisie word die inhegtenisnames en die opruiming van die perseel as ’n groot deurbraak in die bekamping van onwettige mynbedrywighede op die dorp gesien.

Kirby bedank namens die bevelvoerder van Sundra SAPD kaptein Linky Olckers, alle partye wat by die sukses betrokke was.


Related Articles

Back to top button