Kerke op Delmas pak mekaar tydens ‘Fear Factor’ pretaand

Die rede vir die samekoms was ’n unieke en eie aan Delmas, ‘Fear Factor’ kompetisie.

Grou tussen derms om sleutels te vind om spanmaats te bevry, die vind van organe in ’n grieslerige mengsel en proe aan vreemde mengsels was maar etlike van die uitdagings wat predikers en gemeetelede moes baasraak.

Verskeie van die leraars en lidmate van Delmas se kerke het op 19 Julie by die Hervormde Kerk bymekaargekom.

Die rede vir die samekoms was ’n unieke en eie aan Delmas, ‘n ‘Fear Factor’ kompetisie.

Die verskillende gemeentes op Delmas is bekend daarvoor dat hul predikers gereeld saamkuier en diepe dinge deel, maar ook saam aan pret kan deelneem.


LEES OOK: Suspected serial killer from eMbalenhle disputes DNA results


Die doel van die aand was om saam en in geloof vrees te kan oorkom.

Spanne wat deelgeneem het was die van die Delmas-Wes Familiekerk, NG Moedergemeente, Hervormde Kerk, Eldamah, Volle Evangelie Kerk asook die Pinkerster Protestante Kerk.

Met ’n paar rou eiers teen die kop, erdwurms, derms en verskeie ander uitdagings agter die rug, het die spanne van die Hervormers en Delmas-Wes Familiekerk saam in die eerste plek opgeëindig.

Nog ’n uitklopuitdaging later, en was die Familiekerk as Delmas se gemeente uitdaging ‘Fear Factor’ wenners gekroon.


Exit mobile version