Delmas VLU-lede hekel knie kombersies en leer oor die Berghaan

Elsie Bredenkamp het oudergewoonte die beoordeling van die mini-skou-atikels behartig en goeie, opbouende kritiek en raad gegee.

Die Delmas VLU-tak het tydens hul Junie vergadering gehekel en meer oor die Voël van die Jaar, die Berghaan, te wete gekom.

Die vergadering was oudergewoonte in die saal van die Hervormde Kerk op Delmas op 18 Junie gehou.

Sanja Schalekamp het van Harstwater vir haar ma, Ansie van Zyl, kom kuier en was as kuiergas by die oggend se gebeure verwelkom.

Die voorsitter, Marié Terblanche, het vir Elna Kruger met haar 70ste verjaarsdag geluk gewens en ter viering daarvan vir die groep ’n mooi gedig voorgelees.

Marié het hierna in diepte vir die vroue oor die Berghaan, ook bekend as die Bateleur Arend in Frans, wat koordloper beteken, ingelig.


Marié Terblanche, Delmas VLU-tak se voorsitter, oorhandig ’n geskenkie aan ‘verjaarsdagmaatjie’, Elna Kruger.

Die Berghaan, Terathopius Ecaudatus, is benoem deur die beroemde Franse ontdekkingsreisiger, skrywer en voëlkenner Francois Levaillant, en word gesê dat dit Frans is vir ’n “tumbler” of “tightrope walker”, beskrywend van dié voël se grasieuse lugakrobatiese vlug.

Marié het die Berghaan verder as ’n inheemse roofvoël van sub-Sahara met ’n wye verspreidingsgebied beskryf.

“Dit verkies oop, droë landskappe soos savannas, grasvelde en halfwoestyne, goed aangepas by die warm, droë klimaat van hul tuisgebied.

“Die Berghaan is op die gevaarlys omdat die populasie in die afgelope 40 jaar met 50% afgeneem het. Dit is toe te skryf aan die verlies aan habitat, vergiftiging en dan is daar in die laaste tyd die neiging om hulle te vang vir muti-handel,” het Marié verder vertel.

Hierna was dit tyd vir hekel-praat en was daar gekonsentreer op ’n kniekombersie, ook genoem ’n ‘granny square’.


Delmas VLU-lede kuier tydens hul Junie vergadering.

Elsie Bredenkamp het oudergewoonte die beoordeling van die mini-skou-atikels behartig en goeie, opbouende kritiek en raad gegee.

“Ons is bevoorreg dat Elsie ons met haar kundigheid en ervaring op so ’n professionele manier bystand bied,” het die skakelbeampte, Magriet Swart, laat hoor.

Met die vergadering op ’n einde kon die vroue die Groente van die Jaar, naamlik patat, in die vorm van ’n patat-ringkoek geniet.

“Na nog ’n propvol besielende vergadering het die vroue uitmekaar gegaan,” het Magriet afgesluit.

Alle vroue bo 18 jaar word genooi om te kom kennis maak. Vir meer inligting kan die voorsitter Marié Terblanche by 083 968 2203 geskakel word.

Exit mobile version