Local newsLocal sportNews

Standerton parkrun-deelnemers pak nommer 254

Eugene Viljoen het nuwe hoogtes bereik met sy nuwe persoonlike beste tyd (25:37).

Tydens die 254ste Standerton parkrun op 13 Julie het agt gereelde deelnemers hul persoonlike beste tye verbeter.
Die geleentheid het 58 deelnemers gehad.

Timothy Hoop het die 5km roete in 23:12 voltooi, gevolg deur Andiswamahlubi Hadebe (25:23).

Eugene Viljoen het nuwe hoogtes bereik met sy nuwe persoonlike beste tyd (25:37).

Daleney Grobbelaar het die eindstreep bereik met ’n tyd van (26:49), met Pieter Grobbelaar (28:16) kort op haar hakke en gevolg deur Ayanda Dlamini (29:29) en Jose Joseph (30:58).

Jyoti Daya het ’n nuwe persoonlike beste tyd van 31:05 behaal, gevolg deur Nitin Daya (31:17) en Andrew Ainsworth (31:36).

De vrywilligers wat die geleentheid mootlik gemaak het is, Conrie Roets, Frans Vermaak, Jennifer Naidoo, Johannes Vosloo, Leandri van Wyk, Lizette Jansen van Rensburg, Lydia Roets, Renette da Sousa, Ruwan Vermaak, Séan Jansen van Rensburg, Strini Naidoo, Willy Smith en Zeldine Strydom.

Die parkrun vind elke Saterdag plaas om 08:00 in die Rivierpark.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button