Local newsNewsStreeknuus

Vroue stap die pad saam Rut tydens Delmas Bybeljoernaalklas

“Wat ’n heerlike samesyn. Dit was verblydend vir my dat elkeen wat die klas bygewoon het, dit so geniet het en kans gesien het om die hele boek van Rut in hul Bybels aan te pak.”

Van koue was daar nie sprake tydens Delmas se immergewilde Bybeljoernaal klas nie. Daarvoor het die warm en gesellige atmosfeer opgemaak.

Sowat 23 vroue het op 29 Junie in die saal van die NG Moedergemeente bymekaargekom en die oggend het met koffie en brood met varsgemaakte aarbeikonfyt en kaas afgeskop.

Daarna het die aanbieder Nitzi van Rensburg die oggend se verrigtinge met gebed geopen. Nitzi het verduidelik dat die dag se klasse oor die vrou en vrouwees sou gaan.


Helena Biermann geniet haar Bybeljoernaal klas.

Sommer gou was almal op dreef en het die vroue kon hulle inleef in elkeen se eie kreatiewe wêreld van knip, verf, lint, pêrels en kleurvolle versierings. Sommer vining was nog ’n bladsy of twee in die vroue se kreatiwe Bybels ingekleur en pragtig versier.

Middagete het gevolg en daarna het Rut aan die beurt gekom. Die vroue is verras met ’n pakkie propvol mooimaakgoed en hulle kon sommer die hele boek van Rut deurwerk, elk met ’n persoonlik kreatiewe aanslag op dié les.

“Ons fyn motoriese vaardigheid was omtrent beproef tydens die klas. Dit was heerlik en jy vergeet van alles om jou. Baie dankie Nitzi,” het Ansa Oosthuizen laat hoor.



Jolandé Bolton wat vir die eerste keer die klas bygewoon het, het haar dank uitgespreek.

“Dankie vir die lekker klas, die gesels en almal se vriendelikheid. Ek sien uit na die volgende klas.”

“Wat ’n heerlike samesyn, dit was verblydend vir my dat elkeen wat die klas bygewoon het, dit so geniet het en kans gesien het om sommer die hele boek van Rut in hul Bybels aan te pak,” het Nitzi gesê.


Jolandé Bolton het vir die eerste keer aan die Delmas Bybeljoernaal klas meegedoen.

Sy het ook almal bedank wat Delmas se dag van Bybeljoernaal moontlik gemaak het.

Die Delmas Bybeljoernaal vroue stem almal oor ding saam: “Ons tel die slapies tot ons volgende klas – ons kan nie wag nie.”

Vroue wat belangstel om by Delmas Bybeljoernaal betrokke te raak, kan vir Nitzi by 082 572 7367 skakel.


Related Articles

Back to top button