SHS skitter in Mpumalanga kampioenskap

SHS se spanne het geveg vir die titel van Mpumalanga kampioene en vier van hul spanne het met die trofeë weg gestap.

Hoërskool Standerton het op 13 Julie gewys hoe dinge op die Hoëveld gedoen word met hul rugbyfees.

SHS se spanne het geveg vir die titel van Mpumalanga kampioene en vier van hul spanne het met die trofeë weg gestap.

Die o14A-span het om 09:30 teen Hoërskool Baberton afgeskop en het vinnig hul harde werk deur die jaar getoon. SHS het die wedstryd met 57-0 gewen.

Die o15A-span het ’n taai spel teen Hoërskool Hoogenhout beleef.

Die opposisie het hul beste op die veld gegee, maar kon steeds nie die Standerton manne onderkry nie. Die span het weggestap as Mpumalanga kampioene met 10-6.



Die o16A-span het omtrent elendelam van die veld af gedraf na hul stryd teen Hoërskool Hoogenhout. Hulle het die Hoogies met 29-23 geklop.

Die skool se tweede span is reeds voor die skoolvakansie as wenners gekroon. Hul eindstryd teen Hoërskool Hoogenhout was ’n oorwinning van 15-5.

In die aanloop na die eerste span wedstryd, het allerei vertonings plaasgevind. SHS se ruiters het op die veld uitgery en ’n ronde om die veld gemaak op hul perde.

Ryan Lange het ’n reuse hommeltuig oor die veld gevlieg met SHS se banier wat in die wind geseil het. Soos die eerste span opgedraf het, is geel en swart balonne laat gaan om die dorp in die skool se kleure te versier.

Die eerstes het egter nie die wedstryd teen Hoërskool Bergvlam gewen nie, maar het wel ’n groot stryd opgesit. Die eindtelling was 36-32 in Bergvlam se guns.


Exit mobile version