Genade Hande op Bronkhorstspruit help die minder bevooregtes

Die winkel op Bronkhorstspruit help veral die inwoners van Bronkhorstspruit om items teen bekostigbare pryse te bekom.

Die Genade Hand winkel op Bronkhorstspruit het hulle tweede verjaardag op 28 Junie gevier, alhoewel dit eers amptelik eers op 11 Julie plaasvind.

Genade Hand help minder bevoorregte mense in Bronkhorstspruit, Cullinan, Rayton, Pierre van Rynneveld (Pretoria) en baie ander gebiede in en rondom Pretoria.

Die winkel op Bronkhorstspruit help veral die inwoners van Bronkhorstspruit om items teen bekostigbare pryse te bekom.

Hulle is daarop uit om ‘n verskil in mense se lewens te maak, en daarom kry pensioentrekkers 50% afslag op alle goedere.

Volgens die bestuurder, Janine Boshoff, het kliënte oor die afgelope twee jaar meer as 33 000 keer die voordeel geniet om goeie items teen bekostigbare pryse te bekom.

In Bronkhorstspruit help die winkel met:
• Matriekafskeidprojek: Voorsien rokke, skoene, baadjies en broeke en bykomstighede vir die kinders.
• Kindersorg en welsyn van kinders: Voorsien klere, voedsel en boumateriaal waar nood is.
• Mense in nood: Voorsien items wat hulle benodig om weer op hul voete te kom.

“Die winkel ontvang skenkings vanaf enige iemand. Die items word dan aan mense in nood bygestaan deur gratis aan hulle items te gee soos meubels, koelkaste, wasmasjiene, beddens, linne, kombuis items, klere en gordyne,” het Boshoff gesê.

Volgens haar ontvang hulle baie vroueklere. Hulle benodig egter goed soos meubels, koelkaste, wasmasjiene, gasstowe, kombuisware, beddens en matrasse, gordyne, linne en handdoeke, mansklere en mansskoene, kinderklere en kinderskoene.

“Oortollige items word in die winkel verkoop en die geld word gebruik vir die lopende kostes van die winkel en om mense in nood te help met kos, skoolklere, om items vir hulle te laat regmaak en alle ander noodsaaklike hulp.”

Mense kan Janine Boshoff kontak by 079 337 8564 of ‘n epos stuur na angeltjie.jf@gmail.com vir die aflaai van goedere of om te reël om dit te kom oplaai.

Piet van Loggerenberg kan ook gekontak word by 083 455 9535.


Exit mobile version