Local newsNews

Professor Grapjas besoek jonges by Bybelskool op Standerton

Professor Grapjas het al die pad van Grapstad vertrek om eksperimente saam die kinders te voltooi.

Replika Kerk het tydens die skoolvakansie ’n Bybelskool aangebied vir hul Replikids.

Die Bybelskool het 24-28 Junie plaasgevind in die Replikasaal en kinders van Grade Een tot Sewe was ontvang.

Die jongmense het allerei aktiwiteite voltooi en selfs ’n besoek van ’n spesiale gas ontvang.

Professor Grapjas het al die pad van Grapstad vertrek om eksperimente saam die kinders te voltooi.

Met kookolie, kleursel en water, het hy gedemonstreer hoe die kinders die kleur van die lewe is.

Die Bybelskool was ’n sukses en terwyl toesighouers met hul knieë lam huistoe vertrek, hoor ouers regoor die dorp wonderstories oor hul kinders se tyd by Replikids.

Die toesighouers wat die Bybelskool moontlik gemaak het, was André Minnaar, Diné Degenaar en Izé Gouws, met spesiale hulp vanaf Shaun Vienings en Zander Zwart agter die skerms.


Related Articles

Back to top button