Local newsLocal sportNews

Jannie Nichols wen Standerton Buiteklub se maandbeker

Hy het 'n telling van 72 in die A-afdeling behaal.

Die Standerton buiteklub het op 6 Julie hul maandelikse beker-gholfkompetisie aangebied.

Jannie Nichols het 72 punte aangeteken en die beker huis toe gevat. Ronald Kinnear en Johan Griesel het albei 75 punte op hul telkaartjies aangeteken.

Gert du Preez het 77 punte verwerf, gevolg deur Jore Nortje, met 79 punte. RJ Kinnear het die A-afdeling met 83 punte afgesluit. Mark Nortje het die B-afdeling met 66 punte gewen.

Jabbies Lotz het huiswaarts gekeer met 69 punte. Nico Lombard, Louis Vermaas en Christo Jooste het 74 punte op hul telkaartjies ingevul.


Gholfspelers kom bymekaar vir maandelikse beker kompetisie.

Louis Gravett het die spel klaargemaak met ’n telling van 75, gevolg deur Aldo Arnaldi (76) en Attie Mouton (78).

Patrizia Lombard en Werner Mouton het 82 punte aangeteken. Hennie Swanepoel het die B-afdeling met 83 punte afgesluit.

Fanie Botha het 87 punte aangeteken in die C-afdeling, gevolg deur Francois Cronje (99) en Anel Botha (110).

Mark Vienings het die C-afdeling met 98 punte afgesluit.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button