Local newsNews

Jong pa sterf in ongeluk naby Trichardt

Zander Geldenhuys (35) is op 6 Julie dood in ’n motorongeluk op die N17 tussen Bethal en Trichardt.

Hy het so maand terug as mede-eienaar by die kuierplek, Buddy’s op Bethal, betrokke geraak en voltyds op verskeie myne in en om Secunda gewerk.

Geldenhuys laat sy lewensmaat van die afgelope drie jaar, Chantel Heyneke, sy ouers, twee dogtertjies, twee broers en ‘n suster na.

Sy roudiens vind op 13 Julie om 10:00 vanuit die Kruik Kerk plaas en pastoor Jackie van Dyk gaan die diens waarneem.


Jong pa sterf in ongeluk naby Trichardt.

Related Articles

Back to top button