Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Cullinan klop Stanza

Cullinan het hulle laaste wedstryd van die eerste ronde gewen teen Stanza met 28 teenoor 17.

Cullinan Rugbyklub het op 29 Junie ’n weg ligawedstryd teen Stanza gewen. Die eindtelling was 28-17 in Cullies se guns.

Volgens André van der Merwe, hoofafrigter, was dit ’n taai wedstryd en die span moes hard werk vir die wen.

Die voorspeler van die wedstryd was André Potgieter en die agterspeler is Corne Wolfaardt.

André Potgieter, Markus van Loggerenberg, Ulrich Venter en Pieter Uys was die puntemakers van die wedstryd.

Die volgende wedstryd gaan op 13 Julie op Cullinan gespeel word.


Related Articles

Back to top button