Phoenix reken 112-0 met Tembisa Stallions af

Die pas afgelope naweek se wedstryd het weer vir Phoenix ’n groot wen in die sak geplaas toe hulle met 112-0 oor Tembisa Stallions geseëvier het.

Die Phoenix Rugbyklub van Delmas het op 29 Junie teen die Tembisa Stallions op die Barnard Stadion in Kemptonpark te staan gekom.

Die wedstryd was die eerste van Phoenix se wedstryde in die tweede ronde van die Valke Kestrel Liga.

Soos berig in Streeknuus van 28 Junie het Phoenix al hul wedstryde in die eerste ronde van dié liga gewen en met die laaste wedstryd van die eerste ronde het hulle 120-0 teen Tsakane gewen.

Die pas afgelope naweek se wedstryd het weer eens vir Phoenix ’n groot wen in die sak geplaas toe hulle met 112-0 oor Tembisa Stallions geseëvier het.

Volgens Marnu Kruger kom die span op 6 Julie teen die span van Oos-Rand Polisie te staan, op die tuisveld van Oos-Rand Polisie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version