Local newsNews

Bethal DBV verwyder diere van vullisterrein op Standerton

Die saak is aan die Northern Light Foundation gestel en hierdie instansie het die DBV genader om die honde te vang.

Die Bethal DBV het op 26 Junie ’n poging aangewend om diere vanaf die vullisterrein te verwyder.

Die saak is aan die Northern Light Foundation gestel en hierdie instansie het die DBV genader om die honde te vang.

“Daar is tans nog een hond wat op die gronde dwaal, maar die DBV sal aanhou ‘n plan maak om die diere na ’n veilige spasie te ontruim,” het Hillel Coetzer van die NLF gesê.

Om enige rondloperdiere aan te meld skakel die Northern Light Foundation Animal Shelter by 063 6131214 of die Bethal DBV by 066 397 1630.

Related Articles

 
Back to top button