Local newsNews

Oud-bendelid deel sy storie by getuienisoggend op Secunda

Die organiseerder nooi almal om na twee sprekers se getuienisse te kom luister.

Twee sprekers, Sonja Basson en pastoor Ockie Fourie, gaan op 13 Julie hul stories van hoop deel.

Fourie, ’n voormalige bendelid, is op ’n jong ouderdom reeds voorgestel aan die onderwêreld van bendes en misdaad.

Hy was al in die tronk vir moord en na sy vrylating, het hy vinnig by bendes betrokke geraak en die leer geklim om ’n bendeleier in die Durban gebied te word.

Hy het verslaaf geraak aan dwelms, verskeie soorte voorskrifmedikasie en ’n lewe van misdaad en pornografie.

Hy het nadat hy ’n hartaanval gehad het ’n ontmoeting met die Here gehad en tot bekering gekom.

Fourie, wat vandag ’n evangelis is, reis deur die land en deel sy storie van hoop.


LEES OOK: Foundation in eMbalenhle hosts event and donate pads


Basson gaan vertel hoe die Here haar vanuit ’n verwoestende veldbrand gered het en haar pad van genesing wat oor 28 jaar strek.

Die Ridge Times (destyds die Highveld Ridge genoem) het in September in 1996 ’n berig oor Basson gedoen wat op 26 Augustus in 1996 in haar motor in ’n veldbrand naby Leandra gaan staan het.

Jakkie Steyn, organiseerder van dié getuienis oggend, het gesê dit gaan ’n dag wees om te sien hoe groot God se genade is.

Dit is ’n interkerlike geleentheid en enige iemand is welkom. Die oggend begin om 09:30 vir 10:00 en vind by die Hervormde Kerk op Secunda plaas.

Kaartjies kos R165 per persoon en sluit ’n ete in. Vir meer inligting, of om jou plek te bespreek, skakel Steyn by 072 460 6996.


LEES OOK: Bethal VLU-vroue leer van kunsmatige inseminasie

Related Articles

 
Back to top button