CrimeLocal newsNews

Mario en Zodwa se saak gaan na streekhof op Standerton

Skhosana staan tereg op aanklagte van van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur.

Die hofsaak van Clement Skhosana op 26 Junie is na 29 Junie uitgestel om ’n datum vir die streekhof te bepaal.
Skhosana staan tereg op aanklagte van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur.

Dit spruit uit ’n voorval op 4 Februarie waarin Mario Iyapian en Zodwa Patricia Molebatsi die slagoffers was van ’n tref-en-trap-ongeluk in Walter Sisulurylaan.

Volgens Rinus Fourie, die vader van Mario, het dit omstreeks 01:00 gebeur terwyl die twee op pad huis toe was.

Mario was 18 en Zodwa (34) is ’n ma van vier kinders. Albei het aan hul wonde beswyk.

“My seun het maklik vriende gemaak en was vlot in Zoeloe,” het Rinus gesê.

“Hy het haar moontlik huis toe vergesel.”

Skhosana is ’n amptenaar van die Lekwa Munisipaliteit en het van die toneel weggejaag, maar sy nommerplaat het op die grond geval.

Hy was nie aan diens nie en het in sy privaatvoertuig gery. Rinus het ook reeds ’n prokureur op Standerton gaan sien nadat Skhosana op borgtog van R1 500 vrygelaat is.

“Ek het in die hof gevra dat borgtog nie toegestaan word nie,” het Rinus ook gesê.

Die verdagte het met hom in verbinding op 15 Maart getree en wou hom sien. Rinus was nie daartoe geneë nie.


Die gemis na Mario Iyapian bly vir sy pa baie erg.

Die hofsaak in Standerton Landdroshof is voorheen na 26 Maart uitgestel.

Familielede van die ontslapenes het dié dag voor die Standerton Landdroshof met plakkate gestaan om aan te dring op geregtigheid.

Rinus het slaapprobleme ondervind en gesê die gemis bly baie erg.

Die Standerton Advertiser het reeds op 19 Maart met die munisipale woordvoerder, Lubabalo Majenge in verbinding getree vir kommentaar oor die aangeleentheid.


Rinus Fourie het in die hof gevra dat borgtog nie toegestaan word nie.

Volgens inligting vanuit ‘n ander bron, het die munisipaliteit aangedui hulle was bewus van die voorval.

Lekwa het gesê die betrokke amptenaar het in ’n privaatvoertuig die naweek gery en na die toneel, volgens bewering, teruggekeer.

Die munisipaliteit het bygevoeg dit was ’n privaataangeleentheid is en wou nie verdere kommentaar lewer nie.

Tydens ’n hofsitting op 26 Junie is die saak uitgestel waarna oorplasing na die streekhof sou geskied.

Volgens Rinus, is op die patologiese verslag, sowel as fotoalbums, gewag. Die vorige hofverskyning was op 6 Mei, hangende die uitslag van die nadoodse ondersoeke.


Related Articles

 
Back to top button