Local newsNewsSchoolsStreeknuus

Dellies Landsdieners woon provinsiale kamp by

Aktiwiteite het ingesluit, handwerk, arbeid, liefde vir die natuur, denkwyses, spanwerk en hope pret en plesier.

Dertien Landsdiens leerders van Laerskool Delmas is gekies om die Mpumalanga provinsiale kamp by te woon.
Die kamp het vanaf 14 tot 18 Junie by die Mighty Apies River duskant Pretoria plaasgevind.

Sowat 300 leerders vanoor Mpumalanga het die kamp bygewoon.

Dellie leerders, Michael van der Laan, Karel du Plessis, Franco Scott, Skye Barnard, Mackenzie Botha, Mariné Kearney, Ané Rossouw, Dianté van Wyk, Wanri van Zyl, Suzet Snyman, Klara Keevy, Amelia van Rensburg, en McKayla Gardiner, onder leiding van Attie en Marlize van Wyk het Laerskool Delmas by die kamp verteenwoordig.

Op pad na die kamp was die leerders eers bederf met ’n uitstappie na die Voortrekker Monument.

“Hier het die leerders eers ‘n bietjie oor die geskiedenis geleer,” het Marlizé gesê.

Verskillende aktiwiteite was by die kamp aangebied. Marlizé het verder vertel dat die leerders in ses verskillende groepe, onder die toesig en evaluering van 48 personeellede, opgedeel was.

Aktiwiteite het ingesluit, handwerk, arbeid, liefde vir die natuur, denkwyses, spanwerk en hope pret en plesier.

Tydens die handwerkaanbieding het die leerders geleer om met valskermsweef (paragliding) koord armbandjies te vleg.

Daar was ook ’n modderhindernisbaan gepaargaande met spanwerk, boeresport, ziplyn, boogskut en selfs ’n bietjie flinkdinkwerk.


Klara Keevy wys trots haar handwerk armband.

Volgens Malizé het die leerders ook met pype (boomwackers) musiek gemaak. William Engelbrecht, die sanger Joe Black se broer, het van die aktiwiteite aangebied.

“William het ook gesorg vir ’n spesiale afsluitingspraatjie.”

Carla de Beer van The Digital Law Company het kinders oor selfoongebruik toespreek en onderwepe soos die gevare van selfoongebruik, die wet rondom boodskappe, die internet, sosiale media applikasies en meer was deel van die aanbieding.

“Dit is wonderlik om ons kinders reeds van jongs af op die moets en moenies van selfoongebruik te kan onderrig,” het Marlizé bygevoeg.


Marlizé en Attie van Wyk by die Voortrekkermonument.

Kort voordat almal weer in die pad geval het, was leerders aangewys wat die nasionale landsdienskamp in Desember sal bywoon.

“Hierdie leerders was deur middel van evaluering verkies,” het Marlizé verder vertel.

Attie en Marlizé wens Dellies se twee gekose leerders, Klara Keevy en Dianté van Wyk baie geluk.

“Julle maak ons trots deur die Landsdiens se leuse te laat voortleef, naamlik, “Dade, maar nie Woorde”.

“Ons is trots op al ons Dellies Landsdieners wat dan ook die Landsdiens se vier bene; liefde vir jou God, liefde vir medemens, liefde vir die natuur en liefde vir arbeid ten volle uitleef.


Related Articles

 
Back to top button