Cullinan reken af met Mamelodi

Die eindtelling was 72-3 in Cullinan se guns.

Cullinan Rugbyklub het Mamelodi vertrap in ‘n ligawedstryd wat op 21 Junie by die sportveld op Cullinan beklink is.

Cullinan het die wedstryd met 72-3 gewen.

Die puntemakers van die wedstryd was JP Booysen, Jacques van der Merwe, Pieter Uys, Markus Vloggerenberg, Ulich Venter, Justin Coetzer en Albert Joubert.

Die voorspeler van die wedstryd was Albert Joubert en die agterspeler was Ulrich Venter.

Volgens André van der Merwe, hoofafrigter vir Cullinan, het die span in die eerste helfte swak vertoon, maar na ’n paar veranderinge het dinge vinnig in die tweede helfte verbeter.

“Ek is trots op die span; hulle het alles gegee in die wedstryd teen Mamelodi.”

Cullinan se volgende wedstryd gaan weg gespeel word op 29 Junie teen Stanza. Dit is die laaste wedstryd van die eerste ronde van die liga.

Cullies het sover agt wedstryde gespeel waarvan hulle sewe gewen het en een gelykop was.

Exit mobile version