Local newsNews

Fotograwe kom byeen op Secunda

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op 5 Julie by te woon.

Lede van die Hoëveld Fotografieklub het op 7 Junie byeen gekom en dr. Leon Pelser was die beste fotograaf in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

Hy het dié afdeling, wat ‘Opposites’ was vir Junie, gewen met sy foto, Light and Darkness. Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang asook vir sy fotos, Road to Canola Field in die landskapafdeling en Black Mamba in die natuurafdeling.

Die beoordelaar vir die aand was Lynette Taljaard van Kriel Fotoklub. Danie Smit se foto, Hagia Sofia Fountain, het hom die beste fotograaf onder die senior fotograwe gemaak en hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.

Hy het ook sertifikate van meriete vir sy fotos, On the Prowl in die natuurafdeling en Decent to Jerusalem in die pikturale afdeling, ontvang.

Edmund Hattingh was die beste onder die junior fotograwe en het dié afdeling gewen met sy foto, Spoedvraat.

Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang asook vir sy fotos, Grootbek in die natuurvoëlsafdeling, en Kyk hoe Lekker Gaap ek in die natuurafdeling. Anzette Snyders het behoorlike uitgeblink en vyf sertifikate van meriete ontvang.


Edmund Hattingh was die beste onder die junior fotograwe en het dié afdeling gewen met sy foto, Spoedvraat.

Sy het sertifikate van meriete vir haar fotos, Betties in die landskapafdeling, Shrek in die natuurafdeling, Ghost of the Past, Silo en Arch Angel, al drie in die pikturale afdeling, ontvang.

Die ander fotograwe wat ook goed gevaar het en sertifikate van meriete vir hul fotos ontvang het is Johan Viljoen vir sy fotos, Save Landing, in die natuurvoëlsafdeling en Down You Go in die pikturale afdeling, Hanlie de Beer vir haar fotos, Curios Birdie in die natuurvoëlsafdeling en Yum in die natuurafdeling, Sussa Pelser vir haar fotos,

Catholic Church in Covid Time 2 in die landskapafdeling, Praying Mantis Looking at Me in die natuurafdeling en Tattooed Lady Hugging Herself in die pikturale afdeling, Louis van der Walt vir sy foto, Suikerbsochfontein Sunset in die landskapafdeling en Suikerboschfontein Sunset Model 2 in die tweekleurige foto-afdeling, James Harris vir sy foto, Vine Snake in die natuurafdeling en Hanno de Beer vir sy foto, Vleg deur Dubbele Verdediging in die fotojoernalistieke afdeling.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op 5 Julie om 18:00 vir 18:30 in die Scrum In by die Sasol Ontspanningsklub en belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon.

Vir meer inligting, skakel Hanno de Beer by 071 365 6440.


Louis van der Walt het ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Suikerbsochfontein Sunset in die landskapafdeling, ontvang.

Danie Smit het ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, On the Prowl in die natuurafdeling ontvang.

Danie Smit se foto, Hagia Sofia Fountain, het hom die beste fotograaf onder die senior fotograwe gemaak en hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.

Johan Viljoen het ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Save Landing, in die natuurvoëlsafdeling, ontvang.

Dr Leon Pelser het ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Road to Canola Field, in die landskapafdeling ontvang.

Edmund Hattingh het ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Grootbek in die natuurvoëlsafdeling, ontvang.

Related Articles

 
Back to top button