Local newsNewsStreeknuus

Talle sterf in ’n gru-ongeluk op die R42 pad by Delmas

Kaptein Carla Hartley, mediawoordvoerder van die Delmas Polisie het die volgende dag aan Streeknuus bevestig dat nog twee passasiers se toestand kritiek is.

“Daar was soveel liggame wat eers van die toneel verwyder moes word en beseerdes moes met staatsambulanse vervoer word voordat enige ander opruiming kon begin.”

So het ’n betroubare bron die toneel beskryf waar ’n minibustaxi en ’n bus Maandag in die vroeë oggendure net buite Delmas gebots het.

Elf mense het in dié ongeluk op 24 Junie omstreeks 01:00 op die R42-pad by Delmas gesterf.

Tien mense, waaronder die bestuurder van ’n minibustaxi, is op die toneel dood verklaar terwyl die elfde persoon kort daarna aan sy beserings beswyk het.

’n Personeelbus van ’n bekende vervoermaatskappy in die Delmas omgewing was die ander voertuig wat in die ongeluk betrokke was.


Die passasiersbus wat in in ’n ongeluk met ’n minibus en sleepwa betrokke was.

Volgens inligting was die minibustaxi met sleepwa vanaf die R42 na die N12 op pad en die personeelbus het glo in die rigting van Bronkhorstspruit op die R42 gery. Die ongeluk het op die R42, N12-oorbrug plaasgevind.

Volgens die woordvoerder van die department van gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, het nog sowat 24 mense ernstige beserings tydens die ongeluk opgedoen en was na nabygeleë hospitale vervoer.

Kaptein Carla Hartley, mediawoordvoerder van die Delmas Polisie het die volgende dag aan Streeknuus bevestig dat nog twee passasiers se toestand kritiek is.

“Die sterftesyfer weens die tragiese ongeluk kan dus moontlik nog hoër wees.”

Die presiese oorsaak van die ongeluk was teen druktyd nog nie bekend nie, maar word deur die polisie ondersoek.


Die minibustaxi wat op die R42 by Delmas in ’n noodlottige ongeluk was.

Volgens ’n betroubare bron wat op die ongelukstoneel teenwoordig was, blyk dit die bus het die taxi teen die kant getref toe dié besig was om die R42 brug terug na die N12, rigting Witbank, oor te steek.

Ook Mpumalanga se LUR vir gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, Jackie Maci, het sy skok oor die ongeluk uitgespreek.

“Dit is baie tragies om te sien hoeveel mense daar op die paaie sterf en ons doen daarom ’n beroep op motoriste om versigtiger te wees om sulke tragedies te vermy,” het Maci gesê.

Alle nooddienste was op die toneel teenwoordig en volgens inligting het dit etlike ure geneem om die toneel op te ruim.

“Opruiming was bloot nie dadelik moontlik nie. Dit was ’n logistieke nagmerrie,” het die vetroulike bron Streeknuus meegedeel.




LEES OOK: Bethal AfriForum maak weer eens skoon

LEES OOK: Ward 14 residents in eMbalenhle want the councillor to resign over service delivery issues

Related Articles

 
Back to top button