Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Delmas Rolbalklub se klubkampioenskap is op dreef

Die Delmas Rolbalklub het van sonnige publieke vakansiedag op 17 Junie gebruik gemaak om sommige van die klubkampioenskap-uitdunne en eindstryde op die baan uit te spook.

Die klubkampioenskappe by die rolbalklub op Delmas is tans goed op dreef. Die Delmas Rolbalklub het van die sonnige publieke vakansiedag op 17 Junie gebruik gemaak om sommige van die klubkampioenskap-uitdunne asook die eindstryd op die baan uit te spook.

Sommige se halfeindstryde en eindstryde was gespeel met die doel om die uiteindelike klubkampioene aan te wys.

In die mans ope halfeindstryd het Chris van Rensburg en Michael Snyman teen mekaar te staan gekom.


Michael Snyman ding mee in die mans ope enkel kampioenskap.

In die tweede mans ope enkels halfeindstryd het Ernie Botha en Barney Lategan teen mekaar gespeel.

Snyman en Botha het na die eindstryd deurgedring, waar Botha vir Snyman met 21 teenoor 12 punte gewen het en as die klubkampioen in die afdeling aangewys.

In die mans senior enkels het Barry Botes en Dawie Bredenkamp teen mekaar te staan gekom. Botes was die wenner met 21 punte teenoor die 18 van Bredenkamp.


Erns Botha gee die bal af tydens die klubkampioenskap se mans ope enkeleindstryd.

Hy sal nou in die eindstryd teen Piet Vorster te staan kom.

Op die dag het Hanri Ehlers en Suzette Botes mekaar in die vroue ope enkelkampioenskap die stryd aangesĂȘ en Suzette het met 21 punte teenoor die 14 van Ehlers gewen.

Suzette sal op 10 Augustus teen Christelle Terblanche in die eindstryd te staan kom.


Erns Botha.

Tydens die beginners se eindstryd het Ehlers en Christelle Boshoff mekaar die stryd aangesĂȘ.

Ehlers het geseëvier en is as die klub se beginner (novice) kampioen gekroon.

Tydens die gemengde pare kompetisie het Donovan Greyling en Janelé Nienaber teen Douglas en Rentia Cobbledick balle gerol. Greyling en Nienaber het die wedstryd gewen.


Related Articles

 
Back to top button