Local newsNews

Bethal AfriForum maak weer eens skoon

Raak betrokke en help met projekte.

AfriForum se Bethal-tak het weer eens die strate ingevaar tydens hul mees onlangse skoonmaak-projek. Hulle het twee dubbel sleepwaens gesnyde gras en 24 sakke rommel opgeruim en weggery om ‘n skoner Bethal agter te laat.

Dié projek is deel van AfriForum se opknappingsprojek om ‘n strook langs die N17 by Bethal se ingang, skoon te maak.

Lede en vrywilligers van AfriForum het op 14 Junie ingespring en begin grassny en skoonmaak.

Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, het gesê: “Die dorpsingang word gekenmerk deur verskeie drinkplekke en groot hoeveelhede rommel wat in die veld lê.

“Dié strook was beslis nie ‘n goeie advertensie vir Bethal nie, maar die tak se inisiatief om, as deel van AfriForum se selfdoenbenadering, nie net anderpad te kyk nie, maar werklik die ure in te sit om hierdie toegangsroete tot Bethal op te ruim, spreek boekdele én wys hoe gemeenskappe werklik ‘n verskil op grondvlak kan maak.”

Ingrid Human, voorsitter van AfriForum Bethal het gesê: “Ons dorp is ons trots en daarom kan ons kan nie bekostig dat die gras hemelhoog groei nie.

“As die munisipaliteit nie wil help nie, sal ons self ons dorp netjies maak.”

Sy het Bethal inwoners genooi om by dié tak in te skakel en betrokke te raak. Vir meer inligting, besoek www.wordlid.co.za.

Related Articles

 
Back to top button