Local newsNews

Tieners op Standerton deel baadjies uit aan minder bevoorregtes

Die jeuggroep vergader elke Dinsdag om 18:30 en nooi alle jongmense tussen die ouderdomme van 13 en 18 om dit by te woon. Tydens die vakansie word gratis fliekaande by die Standerton Teatro omstreeks 18:30 aangebied.

Die Replika jeuggroep, Metanoia (Meta), het die kwartaal op ’n hoë noot met hul baadjieprojek afgesluit.

Dié groep tieners het op 18 Junie om 18:00 by die Standerton Teatro vergader om woord te ontvang die vanaf jeugpastoor Wihan Byleveldt en André Minnaar.

Na die aand met gebed afgeskop was, het die jongmense vertrek na verskeie gedeeltes in die dorp, op soek na behoefdiges.

Voertuie was beskikbaar gestel om die tieners te vervoer na hul bestemmings, was bestuur deur Shaun Vienings, Jaun Morton, Juan Nortjé en Byleveldt, wat ook as toesighouers opgetree het.

“Dit is skrikwekkend om te dink dat daar soveel behoefdige mense op straat ronddwaal,” het Byleveldt gesê.

Altesaam 25 tieners het die aand bygewoon en hulle het 24 baadjies uitgedeel.

Dankbaarheid het die aand oorheers. Diegene wat baadjies vanaf die Meta groep gekry het, het met warmte die baadjies ontvang.

Die jongmense het egter perspektief gevind rakende dankbaarheid.

“Ons as mense is soms baie gemaklik om ons klere weg te gooi as dit enige skade opdoen, maar die minder bevoorregtes wat op straat dwaal is dankbaar om enige kledingstukke te ontvang wat hul kan warmhou deur die koue winters van Standerton,” het Byleveldt bygevoeg.

Die jeuggroep was aangesê om te bid vir die haweloses waarvoor hul die baadjies gegee het. Die gebede was goed ontvang en in een geval, het die behoefdige selfs gebid vir die groep tieners wat hom met ’n warm baadjie voorsien het.


LEES OOK: Twee van Secunda verskyn weer in hof op aanklagtes van bedrog


’n Ander groep het gemeld dat ’n hawelose vir wie hulle gebid het, entoesiasme getoon het vir hul missie.

“Sonder die Here is ek niks,” het die man gesê.

Volgens die Meta jeugleiers was die projek ’n sukses. Die groep hoop om in die toekoms meer soortgelyke projekte aan te pak en om die gemeenskap te verbeter.

Die jeuggroep vergader elke Dinsdag om 18:30 en nooi alle jongmense tussen die ouderdomme van 13 en 18 om dit by te woon.

Tydens die vakansie word gratis fliekaande by die Standerton Teatro omstreeks 18:30 aangebied.


Related Articles

 
Back to top button