CrimeLocal newsNews

Twee van Secunda verskyn weer in hof op aanklagtes van bedrog

Zane Calitz en Christo Boshof verskyn weer op 26 Junie en 26 Augustus in die howe.

Zane Calitz en Christo Boshoff, die twee mans wat glo baie mense ingedoen het deur geld vir sonpanele te neem en dan nooit die panele op te sit nie, het op 21 Junie weer in die Secunda Landdroshof verskyn.

Hulle staan tereg op aanklagtes van diefstal en bedrog. Die twee is op 18 Februarie in hegtenis geneem nadat verskeie mense klagtes by die polisie aangemeld het.

Volgens die klagstaat is daar sake van Secunda, Bethal, Kriel, Kinross en selfs Brakpan teen die twee.

Die landdros het op 21 Junie in die hof gesê hul Secunda-saak sal nou by die Evander-saak gevoeg word en hulle verskyn op beide dié sake op 26 Augustus in die Evander Streekhof.

Hul saak by die landdroshof op Kriel is uitgestel na 26 Junie. Die twee bly steeds in aanhouding.



LEES OOK: Officers from Evander are being accused of assault

LEES OOK: GMM warns Leandra businesses about water pollution in catchment areas

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button