Local newsNews

Groentegnologie word beplan vir Standerton

Majenge het gesê geen infrastruktuurontwikkelings is in die pyplyn nie en sou dit realisieer, sal dit vir Eskom se rekening wees.

Die beplande belegging in groenenergie vir Mpumalanga is in omstredenheid gewikkel. Tutuka Kragstasie en Majuba Kragstasie is op die drumpel van Standerton en menige inwoners durf die koue, digte mis op ’n wintersoggend aan om by hul werk aan te meld.

’n Franse maatskappy is van plan om $3b (ongeveer R53 878 200 000.00) te belê in groenenergie op Standerton.

Hydrogène De France beoog om 1 500MW sonpanele, gerugsteun deur sonpanele met 3 500MW ure in hidrogeeninhoud te installeer.

Volgens ’n artikel in ’n vooraanstaande publikasie, sal deurlopende, stabiele kragvoorsiening in die elektristeitsraamwerk ingebou word.

Nicolas Lecomte, besturende direkteur van Hydrogène De France in Suid- en Oos-Afrika, is van mening dat inwoners sal kan staatmaak op deurlopende elektrisiteitsvoorsiening.

Nie slegs Standerton word in die visier gestel nie. Die naburige Secunda se Sasol Hyshift en Ermelo se Ammonia Facility geniet ook aandag.

Dié projekte is geïndentifiseer as strategiese infrastruktuur en Hydrogène De France beoog registrasie en permitafhandeling vir die eerste kwartaal van volgende jaar.


LEES OOK: GMM will soon establish 12 more townships


Menige Standertonner het al geopper dat krag direk moet aangekoop word in die lig van beurtkrag afkomstig van Eskom, en die gereelde kragonderbrekings as die netwerk oorlaai word.

Dit het die Eskom netwerk genoop, volgens die artikel, om bra huiwerig te antwoord dat sekere kontraktuele sake vertroulik is.

Eskom het wel aangedui dat vryheid so ver as moontlik aan die ontwikkelaar gegun sal word om nuwe kapasiteit te ontwikkel en dat aan alle wetgewing voldoen moet word. Die finansiële sy kan nie ignoreer word nie.

Avena Jacklin, wat GroundWork verteenwoordig, ’n omgewings- en geregtigheidsorganisasie, het gewys daarop dat groentegnologie ’n verandering sal meebring wat nie getoets is nie.

Jacklin het ook gesê dit sal markaanwysings in plaas van plaaslike behoeftes reguleer. Volgens haar, beloof projekte soos dié van Hydrogène De France, meer as wat in werklikheid kan realiseer en daar word aan die begroting en die tydsraamwerk oorbestee.

Sy het ook gesê water- en grondbesoedeling is newe-effekte. Met haar omgewingsbewussyn het sy ook gewys daarop dat grondeienaars geskuif sal moet word en dat die ekostelsel beïnvloed sal word.

“Grondeienaars, veral in die informele sektor, word nie betrek in die onderhandelinge nie.”


LEES OOK: Family in eMbalenhle fear sinkhole in their yard


Die ondersoekende joernalis, Thabo Molelekwa, het gaan aanklop om hulp by die Lekwa Munisipaliteit, waarop hulle kommunikasiebestuurder, Lubabalo Majenge, grondregte volgens wetgewing verduidelik het,
tesame met voorskrifte van die plaaslike munisipaliteit.

‘Spatial Planning and Land Use’ sal die laaste sê hê. Blessing Manale van die Presidential Climate Commissions is van mening dat dit voorhaastig is om die toekoms van groenkragtegnologie te bepaal.

Die Standerton Advertiser het in sy vorige voorbladberig oor die begroting, die 12.7% verhoging in NERSA tariewe, aan die groot klok gehang.

Manale het gesê die projek is duur, maar belowend. Die Advertiser het ook op 18 Junie gaan kers opsteek by Majenge.

In ’n gedetailleerde epos het Majenge daarop gewys dat die munisipaliteit nie by verhuringsooreenkomste aan onafhanklike partye betrokke was nie, omdat die grond nie aan hulle behoort nie.

Voorts is aangevoer dat wetgewing soos die Spatial and Land Use Act saamgelees moet word met Lekwa se Spatial Management Land Use Management verordeninge.

’n Tribunaal het die finale seggenskap. Met verwysing na die voorgestelde dokument, het Majenge gesê die ontwikkeling sal tot werksgeleenthede lei.


LEES OOK: Lekwa gets to grips with illegal connections and bridged meters


Op die vraag of plaaslike gemeenskappe insae in die ontwikkelingsaangeleentheid gehad het, het Lekwa geantwoord dat die voorgenome aansoek ’n gemeenskapsdeelname sal ondergaan in byvoorbeeld advertensies.

Die gemeenskap sal ook ondersteun moet word deur verteenwoordigers van belanghebbende partye.

Majenge het ook gesê geen infrastruktuurontwikkeling is in die pyplyn nie en sou dit realisieer, sal dit vir Eskom se rekening wees.

Die omgewings- en sosiale impak het ook ter sprake gekom en volgens Lekwa, sal die National Environmental Management Act die deurslag gee. Die Advertiser het op 18 Junie gepoog om met Tutuka Kragstasie in verbinding te tree en is na stempos verwys.

’n Epos is dieselfde dag gestuur om agter die kap van die byl te kom, met die spesifieke navraag of die werkerskorps opgelei en voorberei is om die uitdaging te hanteer.

’n Navraag is ook gerig aan die Eskom media wat die finansiële sy sal behels. Die Departement van Landbou wat voeselsekuriteit hoog ag, sal ook betrek moet word siende landbougrond hierby betrokke is.

Die vraag is ook gerig of die kragstasie gaan sluit, wat ’n vrees vir sommige inhou.

Related Articles

 
Back to top button