Local newsNewsSchoolsStreeknuus

Heidi se kleuters en hul pa’s vier Vadersdag op Delmas

Warm stokbrood en boerewors was op die spyskaart vir Heidi Kleuterskool op Delmas se Vadersdagvieringe.

Dit was ’n koue wintersoggend, maar pa’s en hul kleingoed het op 14 Junie, gesellig rondom die kole gekuier.

Warm stokbrood en boerewors oor die kole was op die spyskaart vir Heidi Kleuterskool op Delmas se Vadersdagvieringe.

Daarby was warm boeretroos, en souse te kies en te keur. En wat is stokbrood sonder die goue lekkerte van stroop?

Die pa’s is ook nie leë hande huis toe nie. Elke pappa was met ’n baie spesiale geskenk bederf.

“Ons bedank elkeen wat dit vir ons moontlik gemaak het. Dankie ook vir die pa’s wat tyd afgeknyp het om hierdie oggend vir hul kleingoed spesiaal te maak,” het Riëtte Wheller, Heidi se hoof gesê.

“Dankie vir julle rotsvas deelwees van die Heidi-familie.”


Related Articles

 
Back to top button