Local newsNews

AfriForum se groentetuin op Bethal lewer goeie oes

Meer as 80 Bethal-gesinne word gevoed.

Die gemeenskapsgroentetuin van AfriForum se plaaslike tak het weer eens verskeie gesinne voorsien van groente.

Dié tuin het onlangs meer as 100kg spinasie opgelewer wat AfriForum Bethal-tak aan die Bethal sopkombuis geskenk het.

AfriForum voorsien weekliks meer as 80 gesinne van vars groente vanuit hul gemeenskapsgroentetuin.

“Dié groentetuin het ’n anker vir die gemeenskap geword,” het Marilé Nieuwoudt, die koördineerder van die AfriForum Bethal groentetuinprojek, gesê.

“Verskeie plaaslike organisasies word hierdeur ondersteun.”

Related Articles

 
Back to top button