Local newsNews

Secunda VLU-vroue leer van blommerangskikkings

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op 7 Augustus by te woon.

Lede van die plaaslike VLU-tak het op 5 Junie vergader waar Sophie Hugo vir die lede wenke gegee en gewys het hoe om ’n blommerangskikking te doen.

Hugo het oor die basiese beginsels van blommerangskikking gepraat en die lede aangeraai om te kyk na wat die beskrywing vir ’n rangskikking is as hulle aan ’n kompetisie deelneem.

“Kyk selfs in ’n woordeboek te kyk wat die beskrywing beteken,” het sy aangeraai.

Sy het ook gesê dit is belangrik dat die lede kyk na die riglyne soos wat die lengte, breedte en hoogte van die rangskikking moet wees.

Lede van die Secunda VLU-tak gaan op 10 Julie op ’n uitstappie na ’n kunswinkel in Pretoria en hulle volgende vergadering op Secunda is op 7 Augustus om 09:30 in Die Rots saal by die NG Kerk Secunda-Oos/Goedehoop-gemeente.

Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon. Vir meer inligting, skakel Rosa Black by 082 586 9638.

Related Articles

 
Back to top button