Laerskool Secunda het op 12 Junie ’n kultuur oggend vir bejaardes van die gemeenskap wat oupas en oumas van die skool, kerke in die omgewing en ouetehuise en aftree-oorde insluit, aangebied.
Altesaam 85 bejaardes het dié geleentheid bygewoon waartydens Laerskool Secunda se junior- en seniorkoor opgetree het sowel as individuele leerders wat items gelewer het en hul gehoor vermaak het met klavier- en kitaarspel.
Die bejaardes kon ook, na afloop van die oggend, ietsie lekkers te ete en drinke geniet.
Dié kultuur oggend van Laerskool Secunda is ’n jaarlikse instelling.
LEES OOK: GMM worries about water throttling
LEES OOK: Klipkerk op Standerton se wintermark behaal sukses