Local newsNews

Bejaardes geniet oggend by Laerskool Secunda

Leerders vermaak hul gehoor met sang, kitaarspel en klavierspel.

Laerskool Secunda het op 12 Junie ’n kultuur oggend vir bejaardes van die gemeenskap wat oupas en oumas van die skool, kerke in die omgewing en ouetehuise en aftree-oorde insluit, aangebied.

Altesaam 85 bejaardes het dié geleentheid bygewoon waartydens Laerskool Secunda se junior- en seniorkoor opgetree het sowel as individuele leerders wat items gelewer het en hul gehoor vermaak het met klavier- en kitaarspel.

Die bejaardes kon ook, na afloop van die oggend, ietsie lekkers te ete en drinke geniet.

Dié kultuur oggend van Laerskool Secunda is ’n jaarlikse instelling.



LEES OOK: GMM worries about water throttling

LEES OOK: Klipkerk op Standerton se wintermark behaal sukses

Related Articles

 
Back to top button