Laerskool Rayton sluit hul rugbyseisoen af

Hoof Rudo Opperman het die eerste span van Laerskool Rayton geluk gewens met hulle wedstryde volgende seisoen.

Laerskool Rayton se eerste rugbyspan was op 1 Junie met pizza’s deur ’n plaaslike eetplek op Rayton bederf om die seisoen af te sluit.

Die skoolhoof, Rudo Opperman, het die span geluk gewens omdat dit sy laaste rugbybyeenkoms was. Hy het tydens die byeenkoms ook elke speler se hand geskud.

Opperman het vir 40 jaar vir die skool gewerk en dit ondersteun. Hy tree aan die einde van die jaar af.


Exit mobile version