Local newsLocal sportNews

Gholfspelers hou mekaar op die tone by Standerton Buiteklub

Nico Lombard het eerste op 8 Junie geëindig met ’n puntetotaal van 36.

Gerrit Nel het op 12 Junie met ’n puntestand van 20 on gholf geseëvier by die Standerton Buiteklub.

Neville Ritchie was tweede oor nege putjies, gevolg deur Deon Grimsell met 10 en Freddie Welmans met 6.

Tertius Brits was onoorwonne oor 18 putjies met 41 punte, gevolg deur Gert du Preez, Louis Gravitt en Attie Mouton met 37.

Gerrit Coetzee en Kobie Coetzee het albei 36 aangeteken, met Stephen Nortjé op 35. Nico Lombard, Herman Mynhardt en Patrizia Lombard het 34 op die telkaart ingevul.

Mouton, Stephen Nortjé, Nico Lombard en Wessel van der Merwe het elkeen ‘n twee behaal. Nico Lombard het eerste op 8 Junie geëindig met ’n puntetotaal van 36.


LEES OOK: Secunda gymnasts excel at competition


Altesaam 16 spelers het aan dié IPS-kompetisie deelgeneem. Jannie Nichols het ook 36 aangeteken, terwyl Louis Gravett en Joré Nortjé albei 35 op die telkaart ingevul het.

Sowel Stephen Nortjé as Casper Roux het op 34 te staan gekom, gevolg deur Patrizia Lombard met 33.

Francois Cronjé, Herman Mynhardt en Adri Mynhardt het elk op 32 te staan gekom. Nico Lombard (2), Nichols, Gravett en Andrew Harper het elkeen’n twee behaal.

Gerrit Coetzee het die vorige dag se Sundowner kompetisie met ’n netto van 39 beklink, gevolg deur Gravett met 40.

Dié wedywering is in die medal formaat beslis.


LEES OOK: Athletes from Standerton compete in Comrades Marathon


Related Articles

Back to top button