Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Snerpende koue keer nie Delmas se gholfspelers nie

Dié gholfdag, ten bate van Laerskool Delmas, het op 7 Junie by die Delmas gholfbaan plaasgevind.

Met ’n ysige koue wind en temperature wat aan vriespunt raak het dapper gholfspelers, borge en ondersteuners die Delmas gholfbaan aangedurf.

‘n Gholfdag, ten bate van Laerskool Delmas, het op 7 Junie by die Delmas gholfbaan plaasgevind.

Die bittereinders wat na afloop van die spel in die eerste plek klaargemaak het, was Wian Moolman en Phillip Degenaar.

Rubin du Plooy en Stephan Engelbrecht was tweede en Cavin en JP Swanepoel het derde geëindig.

Die skoolhoof van Laerskool Delmas, Johan Pieterse, bedank elkeen wat die dag moontlik gemaak het.


Related Articles

Back to top button